Saturday, January 23, 2010

Aanhalings uit “Leaving Church” – Babara Brown Taylor

Koop by die Amazone - http://www.amazon.com/Leaving-Church-Barbara-Brown-Taylor/dp/0060872632
This is not the life I planned or the life I recommend
to others. But it is the life that has turned out to be mine, and the
central revelation in it for me-that the call to serve God is first
and last the call to be fully human!

Jesus called them finding life, losing life,
and finding life again, with the paradoxical promise that finders
will be losers while those who lose their lives for his sake will wind
up finding them again. In Greek the word is psyche, meaning not
only "life" but also the conscious self, the personality, the soul. You
do not have to die in order to discover the truth of this teaching, in
other words. You only need to lose track of who you are, or who
you thought you were supposed to be, so that you end up lying flat
on the dirt floor basement of your heart. Do this, Jesus says, and
you will live.


I guess you could say that my losses have been chiefly in the
area of faith, and specifically in the area of being certain who God
is, what God wants of me, and what it means to be Christian in a
world where religion often seems to do more harm than good.

Since we are both intuitive types, we do not decide things as
much as we gravitate toward them. This is not very theological
language, 1 know, but on the subject of divine guidance 1 side with
Susan B. Anthony. "I distrust those people who know so well what
God wants them to do," she once said, "because 1 notice it always
coincides with their own desires." Having been somewhat of an
expert on the sanctification of my own desires, 1 try not to pin
them on God anymore. At the same time, 1 recognize the
enormous energy in them, which strikes me as something that God
might be able to use.

When 1 read the stories in the Bible about people such as
Sarah, Jacob, or David, what stands out is not their virtue but their very strong wants. Sarah wanted her son to prevail over Hagar's
son, Jacob wanted his older brother's blessing, and David wanted
Bathsheba. While these cravings clearly bought them all kinds of
well-deserved trouble, they also kept these characters very, very
alive. Their desires propelled them in ways that God could use,
better than God could use those who never colored outside the
lines. Based on their example, I decided to take responsibility for
what I wanted and to trust God to take it from there.
Intuition may be one way of speaking about how God does
that-takes things from here to there, I mean. Since intuition
operates lower down than the frontal lobe, it is not easy to talk
about how it works. In general, I tend not to pay much attention to
it until I have completed all of my research, compiled my lists of
pros and cons, and made a rational decision based on facts. Then,
when I cannot sleep because the rational decision seems all wrong
to me, I start paying attention to the gyroscope of my intuition,
which operates below the radar of my reason. I pay attention to
recurring dreams and interesting coincidences. I let my feelings
off the leash and follow them around. When something moves in
my peripheral vision, I leave the path to investigate, since it would
be a shame to walk right by a burning bush. At this point, reason is all but useless to me. All that remains is trust. Will I trust my
intuition or won't I? The more I do, the more intuitive I become.
This is as close as I can come to describing the guidance of the
Holy Spirit.



Saturday, January 16, 2010

Geestelike Leierskap

’n Paar gedagtes: Die kerkraad as die gemeente se geestelike begeleier

Die kerkraad se nuwe rol breek dramaties met die rolle wat die afgelope jare aan kerkrade toegeken is uit sekulêre modelle: 
·         In die 1950’s en -60’s was die paradigma vir kerkrade se funksionering dié van die dorpsraad: die versameling van gemeenskapsleiers, wat moet sê hoe die gemeenskap moet funksioneer.
·         In die 1970’s en -80’s was die paradigma vir kerkrade se funksionering dié van die munisipaliteit: die mense wat moet toesien dat dinge in goeie werkende toestand bly.
·         Sedert die 1990’s het die paradigma van die bestuurswêreld kerrade se funksionering bepaal: die kerkraad was die punt waarvandaan oorkoepelende beleid, fisie en koördinasie bestuur is.

Elkeen van hierdie paradigmas het hulle goeie en slegte punte gehad.

Die nuwe rol van die kerkraad vereis dat daar met ’n nuwe paradigma gewerk moet word.  As ons vir mekaar sê dat die kerkraad se nuwe rol grootliks dié van geestelike leierskap is, is die voor die hand liggende paradigma dié van geestelike begeleiding (spiritual direction).  Geestelike begeleiding is ’n ou tradisie in die christelike kerk wat tans na ’n lang tyd van onbruik weer opleef.  Dit is die gebruik van individue om ’n mentor/begeleier te kry om hulle te help om na te speur wat God besig is om in hulle lewens te doen.  Die geestelike begeleier se rol is veral om te luister na wat in die persoon se lewe aangaan en om die persoon te help tot groter insig.  Hoewel dit ’n rol is wat tradisioneel aan ’n individu toegeken is om vir ’n ander individu te speel, sou ’n mens met reg kon dink aan die kerkraad wat kollektief hierdie posisie teenoor die gemeente inneem. 

As geestelike begeleiding die paradigma is vir die nuwe rol van die kerkraad, kan ’n kyk na die basiese uitgangspunte van geestelike begeleiding ons help tot groter helderheid oor ons nuwe rol en manier van funksionering.  Ons het die afgelope jare reeds belangrike treë in hierdie rigting gegee, sodat dit nie vreemde terrein is wat ons gaan betree nie.

Uitgangspunte van geestelike begeleiding:
·         God is aktief werksaam in die wêreld.  Hy is altyd besig om iets te doen.  Wat Hy aan die doen is, is die deurslaggewende ding wat aan die gebeur is.
·         Die eerste grondhouding van geestelike begeleiers is heilige respek.  Ons is op heilige grond en moet dit nie vir ’n oomblik vergeet nie; die gemeente waaroor ons praat is die terrein van God se werksaamheid.  Daarom moet ons ook oop wees vir die onverwagte en onbeplande.
·         Die tweede grondhouding van ’n geestelike begeleier is gehoorsaamheid.  Ons moet altyd bereid wees om ons eie planne op te skort indien God elders lei.  Dit geld nog meer vir ons as kerkraad, omdat ons tegelykertyd geestelike begeleier en deel van die gemeente is.
·         Geestelike begeleiers probeer mense lei om groter belangstelling te ontwikkel in God as in hulself.
·         Ons is nie uitgelewer aan raaiwerk om raak te sien wat God aan die doen is nie.  Daar is wysheid wat oor die eeue heen versamel is wat ons hiermee help.  Die Bybel is vir ons hierin van onskatbare waarde.
·         Die allerdaagse, die ‘onbelangrike’ en die klein dingetjies verdien net soveel aandag as die uitsonderlike, die ‘belangrike’ en die opspraakwekkende.
·         Elke mens/gemeente is uniek.  ’n Mens kan nie klaargemaakte antwoorde van elders klakkeloos op ander mense/gemeentes afdwing nie.  Wat vir een persoon/gemeente ’n goeie ding is, mag dalk net vir ’n ander persoon/gemeente die slegste denkbare ding wees.
·         ’n Geloofsbegeleier is ’n byspeler in die drama, hoewel sy/hy ’n belangrike rol speel.  Die persoon/gemeente self en God is die hoofspelers.  Die persoon/gemeente is nie die geestelike begeleier se ‘projek’ en prestasie nie, maar God se eiendom, waarmee Hy ’n intens persoonlike pad loop. 
·         Een van die groot take van geestelike begeleiers is om dinge name te gee.  Geloofsbegeleiers kyk dieper as die oppervlakte van dinge wat gebeur het en sit hulle vinger op die diepste motief waarmee iets gedoen word, die werklike bron van die emosies wat opgewel het, die diepste aard van die daad wat gedoen is.  Deur dinge hulle regte name te gee, stroop geestelike begeleiers mense/gemeentes van die rookskerms, rasionalisasies, selfmisleiding, verskonings en ander meganismes waarmee hulle dit moontlik maak om in ’n ander rigting te volhard as die waarop God hulle wil neem.
·         Geestelike begeleiers help mense/gemeentes om hulle stories op verrassende maniere anders te vertel.  Hulle help mense om God se bepalende plek in hulle stories raak te sien en hulle stories as evangelie-stories te verstaan.
·         Geloofsbegeleiding is nie ingestel op probleemoplossing nie.  Dit is ingestel op groei en vervulling van jou doel.  Daarom probeer geloofsbegeleiers nie mense so vinnig moontlik deur hulle krisistye kry nie.  Krisisse word eerder gesien as groeigeleenthede.  Die fokus is altyd swaarder op die tekens van God se werksaamheid in die krisistyd as op maniere om die krisis op te los.  Verstaan van die betekenis van hierdie tekens gee sleutels om mee te werk vir die pad vorentoe.  Dit lei natuurlik meestal tot heling, maar nie op die gouste manier moontlik nie.  Die heling is hier ’n byproduk van die proses en nie die fokuspunt nie.

Die praktyk
·         Geestelike begeleiers luister na mense se stories en help hulle om sin te maak daarvan in die lig van God.  Die kerkraad as die gemeente se geestelike begeleier moet van vergadering tot vergadering die storie van die afgelope maand fynkam vir God se werksaamheid en daarvan sin probeer maak op so ’n wyse dat dit rigting gee vir die toekoms.  Dit sou gedoen kon word in die vorm van ’n uitbreiding van die ‘hoogtepunte en laagtepunte’-rubriek van vorige kerkraadsvergaderings.
·         Tyd saam in die Woord is ’n belangrike element van ’n kerkraadsvergadering.  Ons ‘wandel in die Woord’-oefening is nog meer as voorheen ’n sentrale aktiwiteit van ’n kerkraadsvergadering.
·         Die luistersiklus van die Seisoen van Luister lyk na ’n nuttige oefening – veral waar stemme van buite ingebring word in die proses.
·         Gebed vir die gemeente raak nou ook ’n sentrale saak.  Daardeur bevestig en versterk ons ons geloof in die aktiewe betrokkenheid van God by die gemeente.

Die kerkraad en bestuurskommissie
Die kerkraad en bestuurskommissie moet nie gesien word as “geestelik” teenoor “wêrelds” nie.  Die twee liggame se funksionering dek dieselfde terrein.  Albei het ewe veel te make met die praktyk van gemeentewees en met die dinge van God.  Die onderskeid lê in die vlak van detail.  Die kerkraad vra na die breë riglyne en beleid na aanleiding van ’n proses van geestelike onderskeiding.  Die bestuurskommissie neem die bal verder en neem verantwoordelikheid daarvoor dat daar tot op detailvlak aandag gegee word aan hierdie sake en dat dit in die praktyk uitgevoer word.  Daar is egter ook ’n stuk geestelike onderskeiding wat van die bestuurskommissie gevra word.  Die metodes waarmee ons doelwitte probeer bereik moet in harmonie wees met ons identiteit en doel.  Hier het die bestuurskommissie ’n belangrike onderskeidingstaak.  Dit is nie net belangrik dat besluite uitgevoer word nie.  Hoe besluite uitgevoer word is ook van wesenlike belang.

Geskryf deur my vriend en Mentor Breda Ludik

Friday, January 15, 2010

Calvin en Gebed

                                                                                                                                      

 

 

 

Gebed: is nie om God se arm te draai totdat Hy doen wat jy wil nie. Dit is om in God se teenwoordigheid te kom en toe te laat dat Hy jou hart verander.




Church Leaders

Church leaders try to force people into programs to achieve their own goals. They are so busy with their strategies that there is no place for mere relationships. Only if we love God passionately will we realize it is not about my goals, my ideas or my outcomes. We have to choose do we want to be like the Pharisees and their preoccupation with their systems or would we want to be like Jesus. The Pharisees were not bad people but they were religious devoted people who tried to serve God through systems rather than mere relationships.