tag:blogger.com,1999:blog-7986680048980365575.post6472691136560484557..comments2023-04-05T14:20:29.514+02:00Comments on Coffee, Theology and Humour: What is the most important thing we ask of our Church members: Conform to our views OR Do you love God?Paul Barnardhttp://www.blogger.com/profile/16620720744267980721noreply@blogger.comBlogger4125tag:blogger.com,1999:blog-7986680048980365575.post-25080533797749082962010-05-03T20:17:55.876+03:002010-05-03T20:17:55.876+03:00In ons beste pogings om vir God tevrede te stel, b...In ons beste pogings om vir God tevrede te stel, bestudeer ons die Woord, ons luister na wat God s^e, doen wat Hy s^e, vertel vir mense daarvan wat dit aanvaar, verder interpreteer, dit as norm stel, reels en tradisies daarom bou, dit na die volgende en volgende geslag oordra, dit leer as die regte, die enigste interpretasie, dwing dit af, verstaan self dat daar nie ander opinies KAN wees nie. Uiteindelik word iets wat aanvanklik van God was, goed was, 100% waarheid en toepaslik was, deur mense gemaak tot godsdiens. Wat van mens kom, kan net menslike natuur wees.

Hier raak my verstand en woorde te min om die God werk ten volle te kan begryp, beskryf, verduidelik...

Wat God vra is net liefde vir Hom uit 'n onbeskryflike dankbaarheid vir die GROOT liefde wat Hy ons bewys en genadewerk wat Hy vir ons gedoen het. Selfs hierdie besef, bewuswording of erkenning is onmoontlik vanuit 'n mense perspektief... selfs dit is 'n geskenk van God, deur die Heilige Gees wat in ons woon.

Vanuit daardie dankbaarheid behoort ons net in liefde op te tree teenoor alle ander mense... maar veral daardie mense wat verlore gaan... sondaars, moordenaars, verkragters, gays, egbrekers... noem maar op.

Die kerk is maar net die gemeenskap van baie gelowiges. Indien die gelowiges se persoonlik ervaring en kennis van God arm is, sal die gemeente ook geestelik arm wees... kan dit nie juis anders wees as net godsdiens nie. Die kerk is immers nie die plek waar mense kom om net te kom kry, volmaak, inneem, haal, seeninge ontvang, nie. As ek kyk na die nuwe testamentiese kerke, 'n plek waar mense alles bring wat hulle het om dit te offer en aan te wend tot voordeel van elkeen wat 'n behoefte het... tot voordel van almal, wonder ek of ons ooit kerk is soos God dit bedoel het.

Vandag het die kerk 'n plek geword waar 'n paar mense baie hard moet werk om 'n groot klomp mense te probeer tevrede stel... om hulle te bedien... en die wat bedien word kan vir jou moeilik raak as alles nie perfek is soos hulle dit verwag nie. Die sleutel l^e daarin dat te veel mense bedien wil word en nie self wil dien nie. As jy deel wil wees van 'n gemeente is daar 'n ewe groot verwagting dat jy sal dien met alles wat jy het as wat jy kan verwag om bedien te word in jou behoeftes. Indien hierdie aspek van gemeente wees sou terugkeer, sou seker 80% van mense nie meer deel wil wees van die kerk nie.

Is die probleem nie juis dat ons probeer om kerk vir mense te wees in plaas van kerk vir God nie?

NicoAnonymousnoreply@blogger.comtag:blogger.com,1999:blog-7986680048980365575.post-61877824101161912682010-04-30T07:26:49.538+03:002010-04-30T07:26:49.538+03:00Die ironie is dat albei nodig is, maar dat ons ale...Die ironie is dat albei nodig is, maar dat ons alewig die goed verkeerdom sit. Frederick Buechner het dit fantasties gese: At its heart, religion is mysticism…Religion as instruction, ethics, dogma, ritual, scripture, social action – all of this comes later and in the long run maybe counts for less. Religions start, as Frost said poems do, with a lump in the throat..."
BredaAnonymousnoreply@blogger.comtag:blogger.com,1999:blog-7986680048980365575.post-54965070213874195412010-04-29T09:17:29.461+02:002010-04-29T09:17:29.461+02:00Stem saam Juba. Tradisie en doctrines gee vir ons ...Stem saam Juba. Tradisie en doctrines gee vir ons die illusie van beheer en dit is juis hierdie illusie wat ons ondergang beteken.Paul Barnardhttps://www.blogger.com/profile/16620720744267980721noreply@blogger.comtag:blogger.com,1999:blog-7986680048980365575.post-47309162551642473822010-04-29T07:00:50.586+02:002010-04-29T07:00:50.586+02:00Ek stem 100% saam Paul. Die kerke wat nie oop is v...Ek stem 100% saam Paul. Die kerke wat nie oop is vir God se plan om te groei in Sy verhouding met ons nie gaan verlore raak. Tradisies en doctrines het baie waarde, maar wanneer dit geestlike groeie beperk om dat ons nie uit ons gemak zone wil gaan nie doen dit meer geestlike skade as die oorspronklike waarde wat dit gebring hetAnonymoushttps://www.blogger.com/profile/13413992776191937243noreply@blogger.com