Wednesday, February 24, 2010

Habana en Jaques


Habana kla oor die swak kommunikasie tussen hom en Jaques. Hy beweer dat elke slag as Jaques met hom praat, sien hy sy lippe beweeg maar kan hy niks hoor nie. Hy glimlag dan maar net half verleë en maak asof hy verstaan. Maar die agterlyn spelers het nou 'n beroep gedoen op die groter intellek van Brok die vaskop stut om hulle te help. Almal weet dat die slimste ouens in die span, in die voorry sak! Brok het net sy kop geskud en gesê daar is niemand so doof soos iemand met 'n vinger in sy oor nie.

Posted by Picasa

3 comments:

  1. Dankie ek dink dit is 'n briljante foto! Jy is eintlik 'n man van vele talente!
    Gert

    ReplyDelete
  2. Pieta hoekom is daar 'n setpil in jou oor?
    Ag, dankie Paul, nou weet ek waar's my gehoorstuk!!

    ReplyDelete