Saturday, February 6, 2010

MMC 2010

Hallo julle,
Ons is opgewonde om te se dat ons vanaand ons eerste beplannings vergadering gehad het vir MMC2010 (http://www.mmc2010.com/) Op hierdie stadium is daar ten minste twee opsies met ’n moontlike derde.
  1. Manne met bikes: Ons vetrek Woensdag 14 April die oggend vroeg by die kerk met die motorfietse en die eerste dag gaan ons ongeveer 680km ry na Graaff-Reinet. Daar gaan ons heel moontlik oorslaap in ’n nasionale park se kampterrein. Ons is nog oop vir oortuiging om die eerste aand in ander fassiliteite oor te slaap. Maar ons gaan lekker kuier. Don 15 April vetrek ons vroeg oggend na Goldengate Nasionale park ongeveer 600 km. Hier gaan ons lekker kuier en sluit die ouens van die klein bussies by ons aan. Vrydag 15 April gaan ons vroeg oggend vetrek na die MMC terrein. Dit beteken dat ons op die laatste ongeveer 12:00 daar gaan aankom wat sal maak dat ons die groot verkeer gaan mis en rustig kan kuier tot die program begin. Ons gaan die naweek genoeg tyd saam kuier, saam beleef en lekker saam ontspan terwyl ons nader groei aan God. Sondag as die program eindig ry ons weer die korter afstand na Golden Gate waar ons almal oorslaap. Dan gaan ons saam kuier en kans kry om te dink oor alles wat die naweek gebeur het. Maandag oggend vetrek die bikers na die volgende oorslaap plek ongeveer 600km van daar. Ons slaap maandag aand oor en Dinsdag oggend ry ons die laaste ent terug huis toe. Bikers het dus nodig om Woensdag, Don, Vrydag, Maandag en Dinsdag verlof te neem.
  2. Vir die manne sonder bikes is daar die opsie van die klein bussie/bussies. Die bussie/s vetrek Don 14 April in die aand vanaf die kerk en ry reguit deur tot by Golden Gate waar hulle met die bikers saam kom. Vrydag 15 April gaan ons vroeg oggend vetrek na die MMC terrein. Dit beteken dat ons op die laatste ongeveer 12:00 daar gaan aankom wat sal maak dat ons die groot verkeer gaan mis en rustig kan kuier tot die program begin. Ons gaan die naweek genoeg tyd saam kuier, saam beleef en lekker saam ontspan terwyl ons nader groei aan God. Sondag as die program eindig ry ons weer die korter afstand na Golden Gate waar ons almal oorslaap. Dan gaan ons saam kuier en kans kry om te dink oor alles wat die naweek gebeur het. Maandag oggend vetrek die Bussie/s en ry tot by die huis. Klein Bussie ouens moet dus Don, Vrydag en Maandag verlof neem.
  3. Die volgende opsie is om saam met groter bus te ry. Vetrek Don Aand en ry regdeur tot Vrydag aand. Sluit aan by die res. Sondag na die tyd reg hulle regdeur tot by huis. Dit gaan BAIE uitputtend wees.
Kostes vir die kampterrein is R150 per persoon vir die naweek. Ons sal binnekort die pryse vir bussies uitwerk en oorslaap.  Kos is op die kampterrein beskikbaar. Bikers sal eie petrol voorsien en is verantwoordelik vir oorslaap kostes.
Ons sal julle op hoogte hou van sake soos die pryse en die inligting duideliker word.
Indien jy belangstel/oorweeg om saam te gaan stuur e-pos vir my sodat ons jou naam op die moontlike lys kan sit.  Gerrie van Niekerk gaan vir ons verantwoordelikheid neem vir die bus/sie/sies. Terwyl Leonard Oosthuisen en Neel Britz verantwoordelikheid gaan neem vir die Bike groep.
http://maps.google.com/maps/ms?ie=UTF8&hl=en&msa=0&msid=101001932725649419777.00047eb9fc3f5b7d4bee5&ll=-31.732839,26.202393&spn=10.494068,28.652344&z=6

2 comments:

  1. Op die mmc website skryf 'Piet' dat dit lyk soos 'n Romeinse army van ouds met duisende tente en duisende mans/soldate wat gereed staan om te veg vir hulle Koningkryk. Awesome!

    ReplyDelete
  2. Dan moet ons net oppas vir Oblix en Astrix

    ReplyDelete