Tuesday, March 2, 2010

Saam op soek na God

abel_pienaar Een van my vriende wat al van studente jare saam met my kom Abel was voorheen Predikant in die NG kerk. Hy het egter die afgelope paar jaar 'n ander pad begin stap. Ons verstaan dinge anders, vir my bly die kern van my geloof die Drie-Enige God. Christus se kruisdood en opstanding is vir my persoonlik 'n vaste oortuiging. Ek is egter oortuig van Abel se erns met sy soeke na God. Oor jare het ek hom leer ken as 'n egte mens vir wie ek baie respek het. Alhoewel ek nie saamstem met alles wat hy sê nie, is daar dinge wat waar is en respekteer ek sy soeke.
Ek het opnuut weer bewus geword hoe ons die gevaar loop dat ons dink ons het God gevind en ophou soek. Dit is seker die gevaarlikste plek om te wees. In watter mate soek jy nog na God? Besef jy nog steeds dat dit wat jy van God verstaan so oneindig klein is en dat daar soveel meer is om te ontdek.
Dit is goed om te luister na wat ander se en te probeer verstaan van waar hulle vandaan kom. Om krities te kyk na die dinge waaraan jy vashou. Dan kan jy met nederigheid se “Dit is wat ek glo, hoe ek verstaan en wat ek beleef”
Abel is besig om 'n film te maak maar hier is 'n kort uittreksel daarvan. YouTube
- Saam op soek na God




1 comment:

  1. "In watter mate soek jy nog na God?"

    Miskien verstaan ek jou vraag verkeerd want ek het reeds vir God gevind - oftewel Hy het MY gevind! :) Ek vermoed jy verwys waarskynlik na 'n 'kennis' van God of 'verstaan' van sy plan of sy werke - iets wat in my oë 'n onmoontlikheid is om te bereik.

    My soeke van dag tot dag is 'n soeke na die nabyheid van God. Aan die een kant is God en sy teenwoordigheid in my lewe (en die resultate daarvan) en aan die ander kant is my eie sondelike, menslike doenighede en begeertes.

    Die twee is teenstrydig en dis amper asof die twee aan weerskante van 'n skaal is - hoe meer van die een hoe minder van die ander.

    Gelukkig is dit nie SO eenvoudig soos 'n meganiese skaal nie - hoe meer ek Sy nabyheid daadwerklik nastreef van dag to dag, hoe langer bly God 'bo' selfs al probeer die duiwel sy bes. Ek kom agter dat my skaal defnitief begin kantel na God se kant toe hoe meer ek werk aan my verhouding met Hom.

    M.a.w. dis soos 'n eksponensiële kurwe: hoe meer ek vir God 'n kans gee om my lewe te verander, hoe groter en hoe vinniger verander my lewe. En die duiwel? Wel hy's nog daar. Maar hy is aan die verlooorkant :)

    ReplyDelete