Tuesday, August 3, 2010

Bikers Egpare Kerk Naweek 24-26 September

Hi almal, hierdie die nuutste info en planne vir die naweek waaroor ons gesels het vir die NG Helderberg Bikers Church uitstappie die naweek van 24 tot 26 September. Die skool sluit daardie Donderdag en die Vrydag is ‘n openbare vakansiedag.
Ek sal nog finale kostes vasmaak, maar dit lyk asof ons sal wegkom met verblyf vir ongeveer R450 per person, insluitende minstens een aandete (skaapbraai en wynproe in Rawsonville reeds vasgemaak en ingesluit). Ek onderhandel nog oor Swellendam se aandete (ek kyk na tradisioneel Portugees) en ontbyt. Ontbyt in Rawsonville sal selfsorg wees… maw koffie en beskuit.
Plekke sal beperk wees tot maksimum 14 mense. Ek sal besprekings neem met deposito van R250 per persoon omdat plekke beperk is en ek 50% moet vooruit betaal. Indien iemand kanselleer nadat deposito reeds betaal is, sal daardie persoon iemand in sy/haar plek moet kry voordat die deposito terugbesorg sal word.

Bevestig asb per e-mail na my met elke bespreking sodat ek kan sekermaak dat daar nog plek beskikbaar is.
Ek het reeds bevestiging van:
· Paul en Danette Barnard;
· Nico en Leonie Taljaard;
· Daar is dus nog net 10 plekke beskikbaar… moenie te lank wag nie. Bespreek vandag nog.
Day 1: Somerset West to Swellendam – 261 km
Het onderhandel tans met Swellengrebel Hotel in Swellendam vir verblyf, aandete en ontbyt. Kyk gerus op die webblad by http://www.swellengrebelhotel.co.za/
Die roete neem ons vanaf die kerk, oor Gordonsbaai, Kleinmond, Hermanus, Stanford, Napier en Bredasdorp na Swellendam. Ons sal in Hermanus by die ou hawe stop vir brunch/middagete, brandstof, bene rek ens.

Day 2: Swellendam to Rawsonville – 319km
Ek het vasgemaak met Danie se swaer in Rawsonville vir die berghuis op die wynplaas Avondrood. Ons het daar verblyf en ook ‘n skaapbraai en wynproe ingesluit in die prys. Kyk gerus na die webblad by http://www.avondrood.co.za/
Ons sal seker nie te vroeg ry nie. Ek voorsien dat ons ontbyt eet, oor Barrydale na Montagu ry en daar stop vir petrol, koffie of tee ens. Volgende ry ons agter die berge na (amper by) Touwsrivier en daarvan agter Matroosberg om na Ceres. Van daar verder na die oornagpunt by Rawsonville.

Dag 3: Rawsonville to Somerset West – 117 km
Die bikers wat nie saamgaan nie vertrek vanaf die kerk gewone tyd en kry ons by die “kerk”. Ons hou kerk by HoĆ«rskool Gimnasium se sportgronde… op die hoofpaviljoen van die rugbyveld of dalk selfs by die taal monument… ek sal nog met die skool bevestig of ons die paviljoen kan gebruik.
Die roete neem ons oor Du Toitskloof pas, deur Paarl na Hoƫrskool Gimnasium se sportgronde. Ons sal seker ongeveer 9-uur die oggend daar moet wees vir die diens saam met die ander bikers.
Ons ry verder en eet brunch by Simonsig Wine Estate. Vir die wat verder wil ry is daar altyd die pad oor Franschoek, Franschoekpas, Grabouw en Sir Lawry’spas, maar ek dink die passasiers sal dalk by die huis wil kom om nog bietjie skoon te maak en rus.

Groete
Nico Taljaard
ntaljaard@ackermans.co.za
0829056230
0219001049



No comments:

Post a Comment