Monday, December 12, 2011

Evaluering Huweliksvoorbereidingskamp

Na 5 jaar se huweliksvoorbereidingskampe het ons op n punt gekom waar ons graag die kampe wou evalueer. Die afgelope twee weke kon mense wat in die verlede die kamp bygewoon het die evauleringsvorm op die web invul. Oor die afgelope 5 jaar was daar 125 paartjies wat deur die kampe is, maw 250 mense. Die reaksie wat ons op die evaluering versoek gekry het was 73 persone(paartjies) wat reageer het. Die punte toegeken en verwerk tot presentasie wat mense gegee het vir hulle belewenis. Die skaal loop dus van 0%(Sleg) tot 100% Uitstekend. Van die vrae het ook plek gehad vir terugvoer. Ons plaas dit dan ook so, soos dit deur die deelnemers geskryf is.
Ek en Danette was aangenaam verras deur die uitkomste van die evaluering. Ons het voor die tyd gese dat ons die resultate hier sal weergee. Baie dankie aan almal wat deelgeneem het aan die proses.
Hier volg die evaluering:
Vraag 1: Hoeveel het die Huweliksvoorbereidings kampe julle gehelp?
97.26%
Vraag 2: Hoe sou julle die kamp se kostes evalueer?
Die evaluering was hier 1(goedkoop) tot 5(duur)
2.49
Vraag 3: Hoe het die verblyf aan julle vereistes voldoen?
78.08%
Vraag 4: Hoe sou jy die kos beskryf?
96.98%
Vraag 5: Die eerste aand is daar gekyk na julle persoonlikheids profiele: Het dit julle gehelp in julle verstaan van mekaar?
94.24%
5a. Kommentaar:
  • Dit was vir my een van die hoogte punte van die kamp, alhoewel ek en my man volgens die toetse nie regtig " compatible" persoonlikhede gehad het nie, was dit wonderlik die manier hoe Paul vir ons verduidelik het die gevare waarvoor ons moet uitkyk en hoe ons sal moet aanpas om die beste uit mekaar te kan kry. My man herhaal nou nog Paul se woorde : "Ek is lief vir jou, maar ek verskil van jou" Dit het al male sonder tal stoom by my ore laat uitkom, maar daarna lag ons baie lekker! Dankie Paul!
  • Sien brief wat ons aan die kerkraad gerig het.
  • Baie dankie dit het dadelik n groot aantal issues waarmee ons gesukkel het verduidelik
  • het dit al van te vore gedoen maar om dit saam met my maat te doen was n "eye opener"
  • Sal dit graag weer wil doen. Ons ken mekaar nou beter en ek dink dit sal nou nog meer beteken
  • Was lekker ysbreker om mekaar (meer) en ander paartjies te leer ken.
  • Dis perfek!
  • Insiggewend
  • as ons dit vroeer gedoen het in ons verhouding sou dinge darem baie makliker geweet het.
  • Dit was lekker veral omdat ons soveel mense gehad het met dieselfde profiele. Lanklaas so lekker gelag, selfs vir myself.
  • Ek was nie baie opgewonde die eerste aand nie, want ek was gedwing om te gaan. Die saterdag het my egter gedraai.
  • Beide van ons het reeds die MBTI gedoen, dit was egter lekker om te praat oor hoe beinvloed dit ons verhouding.
Vraag 6: Die tweede sessie het gegaan oor hoe goed ken julle mekaar: Het dit julle gehelp in julle verstaan van hoekom die ander persoon soms optree soos hulle doen.?
94.52%
6a. Kommentaar:
  • Ek en my man ken mekaar al 17 jaar maar ons is nog net bietjie meer as 3 jaar 'n couple, maar tog die manier hoe so 'n kamp jou "vriendelik verplig" op 'n mooi manier dwing om oor sekere goed te praat, was daar tog ietsie hier en daar wat ons van mekaar kon leer.
  • Sien brief wat ons aan die kerkraad gerig het.
  • Die manier hoe ons dit gedoen het, die humor, die ern en eerlikheid was ongelooflik. Ek wou glad nie op diekamp kom nie, my skoonouers het ons hierin forseer. Maar hier het ek besef ek het nodig om hier te wees.
  • Die sal ek verwag sal beter wees op meer persoonlike vlak in plaas van groepsverband.
  • Dit was lank terug ek kan nie presies onthou nie, maar die kamp was vir beide van ons ongelooflik - elke sessie!
  • dit was n eye opener, besef hoe baie praat mens sonder om te praat
  • The session covered all the neccessary topics that needed to be discussed
  • Ons ken mekaar vandat ons 5 jaar oud is!
  • Agtergekom hoeveel dinge ek dink ek weet
Vraag 7: Die derde sessie het gehandel oor julle kinderdae en ouerhuis belewenis: Het dit vir julle insig gegee oor jou maat se optrede?
91.78%
7a. Kommentaar:
  • Ek weet hierdie een het baie ouens op die "spot' geplaas omdat ons dit in 'n groep behandel het en nie almal ewe gemaklik is om die seer te deel van hul kinder dae en ouerhuis nie. Alhoewel ek ongelooflike kinderdae en ouerhuis gehad het, het dit my opnuut net weer dankbaar en nederig gemaak en my laat besef hoe gelukkig ek is.
  • Sien brief wat ons aan die kerkraad gerig het.
  • Hierdie was die absolute hoogtepunt van my kamp. Nie net die feit dat ons oor ons eie ouerhuise kon praat nie, maar dat ons in die groep saam kon praat oor wat se effek ons ourhuise op ons het maak jou bewus van hoe groot verantwoordelikheid dit is om kinders te kry. Ek kon hier deal met die seer uit my kinderdae want daar was nog n persoon in die groep wat dieselfde as ek beleef het. Haar eerlikheid het gemaak dat ek vir die eerste keer oopgemaak het. Dankie.
  • Uit my eie ervaring het die aanbieder my glad nie op persoonlike vlak geken nie. As jy nie agtergrond van die persoon ken nie kan die vraag baie gevaarlike wees met moontlike ernstige reperkussies. As mens nie die kampgangers se geskiedenis ken nie moet die onder geen omstandighede in groepsverband gedoen word waar mense mekaar nie ken nie.
  • My kinderdae was baie sleg en ek het nooit daaroor gepraat nie. Hierdie sessie was vir my die hoogtepunt
  • The session covered all the neccessary topics that needed to be discussed
  • Ons was nie hier heeltemal eerlike nie(tot my spyt) ek moes hier gepraat het oor hoe baie sy ouers se inmenging pla) Ek het geweet dit is n teer sakie so ek het maar gemaak of alles reg is.
  • Ons ken mekaar al drie jaar en praat baie en oor alles. Maar ons is albei ver van ouers. Ons het net besef dat hierdie die een area is waar ons eintlik baie min van mekaar weet.
Vraag 8: Die vierde sessie het gehandel oor die wetlike aspekte(Huwelikskontrakte, testamente, finansies, living will): Het dit julle gehelp in julle besluite?
91.23%
8a. Kommentaar:
  • Ons was redelik bewus van al hierdie dinge omdat ons 'n goeie vriendin het wat 'n prokureur is, so ons het meeste van die goedjies klaar geweet maar ek dink vir iemand wat nie baie kennis dra nie, is dit verseker 'n moet op die agenda vir die naweek, want mens is so op 'n totale "high" van opgewondenheid oor doe hele troue idee / sprokie dat mens nie altyd nugter dink oor presies wat dit is was nou voorle as die stof eers gaan lê het nie.
  • Sien brief wat ons aan die kerkraad gerig het.
  • Ek dink dit het ons baie gled gespaar en ons gehelp om groot besluite te maak.
  • Ek het my artikels gedoen en het reeds baie van die dinge geweet, maar ek dink dit was goed aangebied.
  • Vir my persoonlike het dit niks gehelp nie aangesien ek reeds bewus is van wetlike aspekte maar kan vir ander persone hulpvaardig wees.
  • The session covered all the neccessary topics that needed to be discussed
Vraag 9: Die vyfde sessie het gehandel oor gesondheid, familie kwale en voorbehoedmiddels: Het hierdie sessie julle gehelp?
91.78%
9a. Kommentaar:
  • Dit was goed om lekker te kan gesels oor die verskillende familie kwale in almal se families en ook net weer te dink aan dit tipes siektes wat mens kan tref en hoe mens dit sou hanteer sou dit met jou of jou lewensmaat gebeur, want mens dink jy is jonk en die goed gebeur eers as mens oud is. Om oor voorbehoedmiddels te gesels is baie goed want sommige manne dink dis net die dames se verantwoordelikheid en manne is maar nie altyd ingelig oor die tipe goed nie, so dis goed om dit dalk bietjie meer in detail vir hulle te verduidelik.
  • Sien brief wat ons aan die kerkraad gerig het.
  • Ek het met baie vrese gesit oor die gesondheid situasie in my familie en dit het dit moontlik gemaak dat ek en my man daaroon kon praat en dat ons beplanning vir die toekoms kon doen. Dankie dit was baie spesiaal. Dit was ook hier dat Danette sommer in die gesprek iets opgetel het wat Dokters oor jare gemis het en na behandeling het my lewe verander. Baie dankie
  • Voorbehoed is persoonlike onderwerp en moet kampgangers geleentheid gee om ander aktiwiteit te doen as moontlik.
    Voel ook die sessie het gewentel rondom persoonlike keuse van tipe voorbehoed middel in plaas van om meer algemeen te praat oor verskillende opsies en implikasies van opsies.
  • Veral die gedeelte oor die voorbehoedmiddels. Ek het baie daar geleer. My kennis daarvan was dat die vrou verantwoordelik is om pille te drink. Hierdie was Baie insiggewend
  • Maar altyd gedink dit is die vrou se verantwoordelikheid. Dit was baie interresant.
  • The session covered all the neccessary topics that needed to be discussed
  • Ons is beide uit baie gesonde families wat eers doodgaan in die 80s. Maar ek kon sien dat dit vir die ander baie beteken.
  • Nog nooit so oor familiegeskiedenis gedink nie, dit was n eye opener
Vraag 10: Die sesde sessie het gehandel oor die seksuele: Het hierdie sessie julle gehelp?
94.79%
10a. Kommentaar:
  • Hier het ek lekker gelag want 'n groep wat heelnaweek vreeslik spontaan deelgeneem het aan alle gesprekke was ewe skielik dood stil. Paul het dit sooooo goed hanteer veral toe hy gesê het mens word groot met die idee dat seks verkeerd, privaat en soms lelik is, maar dat ons ons persepsie hiervan moet verander en anders oor seks moet begin dink. Mens mag maar daaroor gesels, selfs met jou kinders, moenie die onderwerp doodpraat nie, gesels daaroor!
  • Weereens baie onsensitief en afdwingend gehanteer. Sien brief wat ons aan die kerkraad gestuur het.
  • Baie dankie, ek was nog nooit seksueel aktief soos van die ander nie. Hierdie was maar vir my n benoude saak, maar die manier hoe julle ons gehelp het was woderlik.
  • Ons het nog nooit hieroor met mekaar openlik gepraat nie en hierdie sessie het ons gehelp om sinvol te praat.
  • ..hehehe, ja was baie behulpsaam :)
  • The session covered all the neccessary topics that needed to be discussed
  • Baie dankie!
  • Baie dankie, in ons groep was ek die enigste een wat nog nie voorhuwelikse seks gehad het nie en was maar skrikkerig vir die eerste aand en vir wat ek moet verwag. Dankie vir die eerlike manier waarop julle dit hanteer het.
  • Dankie dit was baie insiggewend, Danette dankie dat jy alles so mooi verduidelik het. Ek het gedink ek weet die meeste maar was verras. Dit was ietwat van n probleem in ons verhouding en ons kon hierna n paar dingetjies anders doen.
  • Baie dankie hier vir Danette vir die gesprekke na die tyd
  • WOW onverwags, maar WOW dankie
  • Hierdie het ons lewe verander baie dankie
Vraag 11: Die sewende sessie het gehandel oor julle verhouding voor God (insluitend die nagmaal): Hoe het julle dit beleef?
96.71%
11a. Kommentaar:
  • Dit was 'n wonderlike manier om die naweek mee af te sluit. En net weer stil te raak by die feit dat geen huwelik kan bestaan sonder God nie en dat daar slegs een 3de persoon in mens se huwelik moet wees en dat dit God is.
  • Sien brief wat ons aan die kerkraad gerig het.
  • Ek wil eintlik hier n ses op die skaal gee(skaal het tot 5 gegaan)
  • My ervaring was nie lekker gewees nie en my gemoed was verkeerd en het dus nie die nagmaal gebruik nie aangesien ek glo dit is verkeerd om nagmaal te gebruik as jou gemoed nie reg is nie.
  • awsome
  • Dit was baie spesiaal dankie
  • Baie belangrik!
  • The session covered all the neccessary topics that needed to be discussed
  • Dit was vir my die hoogtepunt van die kamp. Ek het verwag dat die hele kamp n bybel praatjie gaan wees. Maar die manier hoe julle dit gedoen het was awsome. God is nie net n stukkie geloof nie, maar betrokke in die werklike issues. Dankie
  • Die nagmaal was vir my die hoogtepunt van die kamp. Dankie
  • Die nagmaal was onvergeetlik
  • Baie dankie, ons is nou aktief besig in ons bediening. Ons het hier besef God roep ons.
  • ons het hier God beleef, dit was die hoogtepunt van n wonderlike naweek.
  • Hierdie kamp is in van die geestelike hoogtepunte van my lewe
  • Dit was heerlik om so saam in die berge tussen die wingerde te gaan sit en saam met jou maat nagmaal te kon gebruik
Vraag 12: Sou julle die kamp vir ander aanbeveel?
97.80%
Vraag 13: Hoe het jy Paul as aanbieder beleef?
98.08%
Vraag 14: Hoe het jy Danette as aanbieder beleef?
92.60%
Vraag 15: Sou jy belangstel in n opvolg kamp?
71 uit die 73 deelnemers het gese hulle sal belangstel in n opvolg kamp.
Vraag 16: Enige kommentaar of kritiek wat ons op die pad voorentoe kan help?
Kommentaar:
  • Miskien een vir hoe hanteer ons ons kinders
  • Dankie vir 'n great kamp, hou so aan!
  • Ek het vir Danette ook 'n 5 gegee maar sy kon ongelukkig nie ons kamp mee maak nie. Dit het tog gevoel of sy nogsteeds daar is omdat Paul gereeld met ons allerhande dinge wat hulle al moes deurmaak in hul huwelik met ons gedeel het. So kamp is wonderlik en ek sal dit ten sterkste aanbeveel want dis great om in 'n groep te deel en te hoor dat die dinge waardeur jy gaan, ander mense beleef dit ook net soos jy doen. Baie dankie vir 'n great ervaring, sal dit altyd koester en onthou!
  • Sien brief wat ons aan die kerkraad gerig het.
  • Baie baie baie dankie
  • Baie dankie vir al die moeite en liefde. Julle is baie special mense.
  • Baie dankie julle sal altyd n spesiale plek in ons harte he
  • Julle moet niks verander nie die kamp is puik!
  • Dankie ook vir al die hulp en bystand na die kamp!
  • Ons verlang na julle. Ons sit nou in Gauteng as julle opvolg kampe oorweeg laat weet ons asb vroegtydig sodat ons kan reel vir verlof, dan kuier ons sommer ook bietjie in die kaap.
  • Het reeds van ons vriende geborg om dit by te woon en hulle was net so opgewonde. Waar is die vraelys oor die troue? Ons het soveel komplimente gekry oor ons troue. Dankie vir die rol wat julle in ons lewens gespeel het en nogsteeds speel.
  • Ek dink n opvolg kamp sal great wees, as ons dit saam met die oorspronklike groep kan doen nog soveel beter. Indien jy dit sou oorweeg en hulp nodig het om dit te reel laat weet asb. Groete Sanet
  • Skoonouers het vir kamp betaal en ons vriendelik verplig. Ons het glad nie utigesien nie, dit was net iets wat moes gedoen word ter wille van vrede:) Ons het na die tyd vir hulle vertel hoe dankbaar ons was en ons het nie gejok nie. Dankie ek dink dit is n moet. Dankie ook vir die pragtige troudiens!
  • 'n Opvolgkamp sal waardeer word! Dink daar is baie mense wat dit sal bywoon!!
  • Sal so lekker wees om julle te sien, vandat ons getrek het verlang ons baie terug na julle en die gemeente. Paul ons luister nog jou preke oor die internet. Ons het n oulike ds, baie oud maar oulik. Ons besef egter hoe geseend ons was met jou. Groete
  • Dankie vir die rol wat julle in ons lewe speel
  • Nee, baie lekker, opbouende & insig-gewende kamp gewees! Well done!!!
  • Dit is n absolute noodsaaklikheid om so kamp by te woon. Dankie vir die vriendskap
  • The relaxed informal environment is conducive to people opening up and sharing their feelings, all in order to get to know each other better. We really enjoyed the camp and recommend it to any couples that are engaged to be married.
  • Baie dankie vir al julle moeite. Die manier hoe julle omgee en op so n gemaklike ontstpanne manier van die moeilikste onderwerpe met soveel wysheid hanteer was werklik wonderlik. Julle egtheid het my weer laat dink oor kerkwees. Ek het vir julle gese dat ek aan God glo, maar dat ek nie meer kerk toe gaan nie tot my geliefde se frustrasie. Na die kamp het ek begin kerk bywoon(as Paul preek) en ek sien selfs daarna uit. Ons oorweeg om vir ons n motorfiets te koop en dan gaan ons nog bike kerk toe ook saam met julle!
  • Ek stel voor ons kry die oorpspronklike groep bymekaar en hou dit by dieselfde plek.
  • Ons verhuis nou na Engeland. Sal julle baie mis. Ek sal kontak hou op facebook en seker maak dat ek die preke op die web kry. Dankie dat julle vir ons so baie omgegee het en Paul vir al die raad en bystand.
  • Se net wanneer die opvolg kamp is ons is defnitief daar. Julle is kosbaar!
  • Paul baie dankie dat jy altyd beskikbaar is. Jou foto's op facebook is pragtig. Ek wil ook eendag soos jy foto's neem. Hou die kamp asb net so!
  • Paul dankie vir wat jy alles vir ons gedoen het.
  • Ons is nou in Swede vir die volgende drie jaar, ons gaan julle baie mis, baie dankie vir die kamp en al die gesprekke. Julle voorbeeld is vir ons n inspirasie.
  • Sien jou die 17! Min dae!
  • Lief vir julle
  • Miskien moet julle nou n kamp reel om ons voor te berei vir doop. Van ons groepie wat gegaan het is ALMAL nou of swanger of die afgelope 6maande n babatjie gekry!
  • Julle is n wonderlike span, dankie vir al die moeite en die lekker kos. Ds Paul een van die goed wat my die meeste getref het was hoe jy kos maak, skoon maak bedien, dit alles terwyl jy met vreugde aanhou omgee. As ek aan jou dink, dan is dit die prentjie wat ek onthou. Iemand wat aanhou om homself te gee met vreugde sodat ander gevoed kan word - geestelik en fisies. Dit is andres as die prentjie waarmee ek groot geword het van predikante wat dink hulle is so belangrik.
  • Dankie dit was soveel meer as wat ons verwag het.
  • ja julle moet ons weer saamvat anders gaan die kampe glad nie weer so lekker wees nie
  • Baie dankie vir n baie spesiale naweek.
  • Dankie dat julle werklik in ons belang stel en omgee.
  • Dit was so n groot ervaring dit is baie moeilik om dit so te evalueer. Al wat ons kan se is dat ons baie dankbaar is dat ons die voorreg gehad het om so n kamp te kon bywoon.
  • Baie dankie ons praat nog steeds oor die kamp al is dit al drie jaar
  • Die manier hoe julle dit gedoen het was great. Ook om te sien hoe julle, julle kinders akkomodeer en hanteer was n wonderlike leerskool
  • Dit is moeilik om vir enige iets nie volpunte te gee nie. Dit was n great kamp.
  • Asseblief sal bitter graag weer wil kamp saam met julle. Op voorwaarde Paul moet weer kos maak.
  • Julle kry dit reg om die naweek op n baie hoe vlak aan te bied, maar tog dit so te doen dat almal ontspanne en gemaklik is. Paul jy het n besondere gawe en kan lekker kos maak.
  • sal bitter graag weer wil kamp
  • julle is kosbaar vir ons dankie
  • ons sal baie graag weer saam met julle wil kamp. Groete vir die seuns.
  • Ek gee maar vir alles 5 anders daag jy dalk nie op met ons troue nie:) Nee ek speel dit was uitstekend. Ek beveel al my vriende aan wat wil trou om op een van julle kampe te gaan. Wanneer gaan die datums beskikbaar wees vir volgende jaar?
  • Skitterend
  • Danette dankie vir die privaat gesprek
  • Ons het heerlik geeet, maar Johan doen nie wat jy ons geleer het nie. Hy maak nie kos en was nie skottelgoed nie, ons sal maar moet kom vir die opvolgkamp.
  • Ek stel voor dat die opvolg kamp fokus op ouerskap!

Baie dankie vir al die terugvoer. Dit was waarlik vir ons oorweldigend omdat ons glo dat God ons roep om op hierdie manier n verskil te maak. Vir al die mooi boodskappe, baie dankie. Ons is werklik jammer oor die een paartjie vir wie dit n slegte belewnis was.
Ek en Danette is en bly beskikbaar vir almal, onthou ons uitnodiging. Ons deur sal altyd vir julle almal oop wees. Indien jy die oorspronklike terugvoer spreadsheet wil sien gaan na https://dl-web.dropbox.com/get/Public/Trou%20Blog/Huweliksvoorbereidingskamp%20terugvoer..xls?w=aa970f07

No comments:

Post a Comment